Ons is geneig om \’n bietjie tonnelvisie te kry as dit by Amateur Radio kom. Ons is immers tog heeltyd besig met die stokperdjie en aanvaar alles wat daarmee gaan as normaal. Maar dit beteken nie altyd dat almal dit so voor-die-hand-liggend as jy ervaar nie.
In van ons meer ervare lede se dekades as \’n radio amateurs het hulle verskeie geskille gehad met bure wat die stokperdjie nie altyd soveel waardeer het soos ek en jy nie. Inmenging van ons uitsendings op slegte tye (soos wanneer \’n baie belangrike rugbywedstryd of program tydens ’n kompetisie op TV was), mense wat torings as \’n seer oog gevind het, en ander geskille het nie altyd goed geëindig nie. Maar daar is \’n paar positiewe maniere waarop jy met jou bure kan kommunikeer en potensiële probleme kan hanteer as dit sou ontstaan.
1. Wees \’n goeie buurman. Dit wil voorkom asof minder mense die tyd neem om hul bure te leer ken soos in die ou dae. Leer joune ken. Vind uit wie hulle is en wat hulle belangstellings is. As dit goed gaan, hou \’n braai of bied aan om hulle te help met praktiese tuis projekte waar jy kan. Om buurmanskap te beoefen, is nie net \’n goeie ding om vir jou gemeenskap te doen nie, dit kan help om aangeleenthede soos amateur-radio-antennas meer gemoedelik te hanteer. Dit is moeiliker om met iemand te baklei as jy hom eers leer ken het.
2. Demonstreer die stokperdjie. Baie mense vrees wat hulle nie verstaan nie. Vind maniere om Amateur Radio aan u bure te demonstreer. Laat hulle u toerusting sien en vra soveel vrae as wat hulle wil. Nooi hulle na die veld dag-geleentheid van die klub of sit jou eie ad-hoc geleentheid op in jou tuin saam met ’n lekker bordjie kos en kuier. Om die bure te wys hoe jy jou omgewing en gemeenskap kan help, kan jou in \’n beter posisie met u bure plaas. Nooi sommer die plaaslike buurtwag organiseerders en vuur bestryding vrywilligers in die omgewing ook en laat hulle sien wat die moontlikhede is en op wie se knoppie hulle kan druk in noodgevalle.
3. Bied aan om die buurtwag te help waar jy kan en neem aktief deel aan soveel buurt-geleenthede soos moontlik.
’n Kennis se buurman het \’n IT-agtergrond en was nuuskierig waarom hy sy huis bly verlaat het met \’n VHF / UHF Yagi in die hand. Toe hy verduidelik dat hy met satelliete in \’n nabygeleë veld met ander radio amateurs praat, is sy belangstelling geprikkel, en my vriend het hom genooi om te kyk hoe hy \’n satelliet kaart vanaf die nabygeleë veld gebruik om die verby vlug te bepaal. My vriend het nou wel nie gedink dat die buurman binnekort \’n lisensie sal wil hê nie, maar buurman is nou al tot oop vir die idee dat my vriend \’n boom in buurman se tuin gebruik om die een punt van \’n 80-meter dipool te ondersteun.
4. Stel die waarde ten toon. Reeds gemelde vriend het \’n ander buurvrou wat \’n ouer vrou is. Haar oom was \’n radio amateur toe sy grootgeword het, en sy het verstaan waarom hy \’n mas aan die kant van my huis met VHF Yagis geheg het. Toe sy eenmaal \’n groot haelstorm deurgemaak het, het hulle hul krag vir byna 24 uur verloor. Sy het tydens die onderbreking by my vriend kom aanklop en gevra of hy enige opdaterings oor die radio gehoor het. Hy het uiteraard die plaaslike herhaler dopgehou en die inligting wat hy gehad het, oorgedra, en sy was dankbaar.
5. Nog \’n idee: raak u klub betrokke by u plaaslike regering en bied u aan om te help met alle kommunikasiebehoeftes, soos logistieke kommunikasie vir parades of gemeenskap gebeurtenisse. Posisioneer jouself as \’n aanwins vir die gemeenskap, nie as \’n las nie.
6. Luister geduldig as daar probleme opduik. Niemand van ons wil inmeng met die buurman se TV, stereo of ander elektronika nie. Nie almal van ons kan in die land woon sonder bure nie. As u \’n stasie saamstel, moet u seker maak dat al u konstruksies bo-verdenking is en met die al die regte permitte uitgevoer word, waar nodig. Dink mooi na, oor die impak wat u antenna of toring installasie dalk op u bure mag hê.
As u \’n klop aan die deur kry oor inmenging, luister dan aandagtig na wat u bure te sê het. Probeer om nie verdedigend te reageer nie en die inmenging onmiddellik blameer aan hul verbruikerselektronika wat van swak gehalte is, selfs al is dit waarskynlik die rede. Kyk of hulle bereid is om \’n paar toetse uit te voer om te help om die probleem te isoleer.
Vra hulp van meer ervare plaaslike klublede as u dit nodig het, of kontak die SARL; hulle behoort baie inligting te hê oor RF-inmenging en hoe mens RFI-probleme aanpak. Ongeag, wees altyd so beleef en rustig as moontlik sonder om dadelik eienaarskap van die saak te neem en luister eers geduldig na wat u bure sê.
Neem ook ander oorwegings in ag. Kan jy dit steeds geniet om op die lug te wees met laer krag of op verskillende tye van die dag, selfs tydelik, om probleme met steuring te verlig? Om bereid te wees om \’n kompromie aan te gaan in die belang van goeie buurmanskap, kan baie help.
U bure wat nie radio amateurs is nie, wil waarskynlik net hul lewe in vrede lei, net soos jy. Om vriendelik en verwelkomend te wees sonder om moeilik te wees, kan help om goeie verhoudings met u bure te bevorder, selfs in sake wat niks met ons radio stokperdjie te doen het nie. In die hedendaagse wêreld het ons almal \’n bietjie meer vriendelikheid en geduld nodig; laat ons almal ons deel doen om goeie verhoudings in ons gemeenskap sowel as met ons gunsteling stokperdjie te bevorder.