Kursusse en Eksamens
RAE Klas A Kursus 2026
Die volgende RAE geleentheid is op Saterdag 16 Mei 2026 en die BARK kursus daarvoor begin Maandag 9 Februarie 2026.
Kontak: Jannie Kirsten (ZS1JFK): [email protected]
Indien jy belangstel om die RAE te skryf en jou amateurradiolisensie te bekom, voel gerus vry om by die volgende BARK RAE Klas A kursus aan te sluit. Die kursus vind twee keer per jaar plaas en enigiemand is welkom om aan te sluit.
Aanlyn registrasiestelsel
Maak asseblief seker dat jy deur middel van die gepaste aanlyn registrasiestelsels vir beide die SARL RAE sowel as die BARK RAE kursus geregistreer het. Die twee registrasies word apart hanteer.
- Kandidate moet na die volgende adres gaan om vir die RAE te registreer:
https://mysarl.org.za/rae-radio-amateur-examination
- Nadat jy vir die RAE self geregistreer het, moet jy asseblief die volgende skakel gebruik om vir die BARK RAE kursus te registreer:
https://forms.gle/GU8VSSvDS16v9x1J8
SARL RAE registrasie vir die 16 Mei 2026 RAE open op 16 Februarie 2026 en sluit op 17 April 2026.
GEEN LAAT REGISTRASIES SAL AANVAAR WORD NIE.
Kostes
Die koste vir die kursus beloop R250 en is betaalbaar met registrasie. Die kostes sluit BARK lidmaatskap vir die eerste jaar in.
(Die koste sluit nie die RAE fooi in nie, wat direk aan die SARL betaal moet word)
Die bankbesonderhede is as volg:
Begunstigde: Boland Amateur Radio Klub
Bank: Nedbank
Rekeningnommer: 118 714 7885
Verwysing: Gebruik asseblief “RAE + jou van” (bv. RAE SMIT) as bewys van betaling en stuur dit na [email protected]
Skedule
Die kursus duur 13 weke met sessies wat op Maandae aande om 19:00 tot 21:00 oor Zoom aangebied word.
Studiemateriaal
Die RAE studiemateriaal is beskikbaar om af te laai vanaf die SARL webwerf by die volgende adres:
https://mysarl.org.za/rae-training-documentation
Enige addisionele hulpbronne vir die kursus sal deur middel van Google Drive gedeel word.
Eksamenlokaal
Dit is elke kandidaat se verantwoordelikheid om seker te maak dat hulle by ‘n geregistreerde eksamenlokaal ingedeel is. Vir meer inligting oor beskikbare eksamenlokale, sien gerus https://mysarl.org.za/exam-centers
BARK bied self ‘n eksamenlokaal by die Stellenbosch Vliegklub (R44, Stellenbosch, 7600)
HF-Assessering
As deel van die kursus word van jou verwag om te leer hoe om ‘n HF stasie op ‘n veilige manier te bedryf sonder om met ander in te meng. Die praktiese HF Assessering sal plaasvind op ‘n tyd en plek wat nog vasgestel moet word.
BARK assessors is net beskikbaar op hierdie aangewysde dag waar almal gelyk geassesseer sal word en geen alternatiewe assesserings gaan deur BARK gereël word nie.
Indien jy nie die BARK HF Assessering kan bywoon nie, moet jy asseblief self met ‘n geregistreerde HF Assessor reël om dit afgehandel te kry voor of op die dag van die RAE.
