Voorbereiding vir Amateur eksamens

Resources / Hulpmiddels

Boland Amateur Radio Klub

RAE Klas A Kursus 2025

 

Die volgende RAE geleentheid is op Saterdag 18 Oktober 2025 en die BARK kursus daarvoor begin Maandag 21 Julie 2025.

 

Kontak: Jannie Kirsten (ZS1JFK): zs1jfk@gmail.com

Indien jy belangstel om die RAE te skryf en jou amateurradiolisensie te bekom, voel gerus vry om by die volgende BARK RAE Klas A kursus aan te sluit. Die kursus vind twee keer per jaar plaas en enigiemand is welkom om aan te sluit.

 

Aanlyn registrasiestelsel:

Maak asseblief seker dat julle deur middel van die gepasde aanlyn registrasiestelsels vir beide die SARL RAE sowel as die BARK RAE kursus geregistreer het. Die twee registrasies word appart hanteer.

  1. Kandidate moet na die volgende adres gaan om vir die RAE te registreer:

https://mysarl.org.za/rae-radio-amateur-examination

  1. Nadat jy vir die RAE self geregistreer het, moet jy asseblief die volgende skakel gebruik om vir die BARK RAE kursus te registreer:

https://forms.gle/GU8VSSvDS16v9x1J8

SARL RAE registrasie vir die 18 Oktober 2025 RAE open op 18 Julie 2025 en sluit op 5 September 2025. GEEN LAAT REGISTRASIES SAL AANVAAR WORD NIE.

 

Kostes:

Die koste vir die kursus beloop R250 en is betaalbaar met registrasie. Die kostes sluit BARK lidmaatskap vir die eerste jaar in. (Die koste sluit nie die RAE fooi in nie, wat direk aan die SARL betaal moet word)

Die bankbesonderhede is as volg:

Begunstigde: Boland Amateur Radio Klub

Bank: Nedbank

Rekeningnommer: 118 714 7885

Gebruik asseblief “RAE + jou van” as bewys van betaling en stuur dit na zs1jfk@gmail.com

Skedule:

Die kursus duur 13 weke met sessies wat op Maandae aande om 19:00 tot 21:00 oor Zoom aangebied word.

 

Studiemateriaal:

Die RAE studiemateriaal is beskikbaar om af te laai vanaf die SARL webwerf by die volgende adres: https://mysarl.org.za/rae-training-documentation

Enige addisionele hulpbronne vir die kursus sal deur middel van Google Drive gedeel word.

Eksamenlokaal:

Dit is elke kandidaat se verantwoordelikheid om seker te maak dat hulle by ‘n geregistreerde eksamenlokaal ingedeel is. Vir meer inligting oor beskikbare eksamenlokale, sien gerus die volgende skakel: https://mysarl.org.za/wp-content/uploads/2025/06/Exam-Center-1.docx

BARK bied self ‘n eksamenlokaal by die Cyber Minds Hoofkantoor in Parow – 157 Eerste Laan (Van McIntyre rylaan) Glenlilly, Parow.

 

HF Assessering:

As deel van die kursus word van jou verwag om te leer hoe om ‘n HF stasie op ‘n veilige manier te bedryf sonder om met ander in te meng. Die praktiese HF Assessering sal plaasvind op ‘n tyd en plek wat nog vasgestel moet word.

BARK assessors is net beskikbaar op hierdie aangewysde dag waar almal gelyk geassesseer sal word en geen alternatiewe assesserings gaan deur BARK gereël word nie.

Indien jy nie die BARK HF Assessering kan bywoon nie, moet jy asseblief self met ‘n geregistreerde HF Assessor reël om dit afgehandel te kry voor of op die dag van die RAE.


 

Translate »
Scroll to Top