Ons aktiwiteite
Onderhoud ondersteuning
As deel van n groter consortium van betrokke klubs, dra die Boland Amateur Radio Klub by tot die werking en onderhoud van die Weskaapse Herhaler Netwerk deur die ondersteuning van die Western Cape Repeater WorkGroup. Ons dra mildelik by deur die skenking en insameling van broodnodige fondse en toerusting. Ons BARK lede is ook fisies betrokke by werkgroepe en vervoerbydraes veral na moeilike plekke waar viertrek voetruie benodig word. Die werkgroep se lede is baiekeer verantwoordelik om uit eie sak en toerusting te diep vir brandstofgeld, reis en verblyf onkoste, parte en toerusting.
Alhoewel klubs en individue skenkings maak is dit nie genoeg om al die kostes te dek nie en daar word gevra dat lede dit ernstig oorweeg gereelde bydraes te maak aan die baie gewilde en besige netwerk, wat daagliks deur alle amateurs in die Weskaap gebruik word.
Die lidorganisasies van die Wes-Kaap Herhaalwerkgroep is:
Boland Amateur Radio Klub
Cape Town Amateur Radio Centre
Oakdale amateurradioklub (nie betrokke)
Hamnet (Wes-Kaap)
Sport / tydrenkommunikasie
Wynland-amateurradioklub
Overberg amateurradioklub
Die verteenwoordigers van die lidorganisasies is tans:
BARK: ZS1YT (Tesourier) & ZS1TAF
CTARC: ZS1S & ZS1EQ (voorsitter)
Hamnet WC: ZS1V & ZS1DDK
Sportkommissie: ZS1VDV (sekretaris) & ZS1MJT
Wynlande: ZS1HF & ZS1VC
Overberg: ZS1AZ & ZS1MJJ
Oakdale: nie verteenwoordig nie
Daarbenewens is gekoöpteer:
ZS1BSD (statusverslag en bateregister)
ZS1DFR (notulesekretaris)




DXpedisies
DX-pedisies na buitengewone plekke
BARK lede het al in die verlede n paar buitengewone plekke besoek en stasies opgesit van waar spesiale roepseine gebruik word om die gebeurlikheid te herdenk. Een hiervan was n stasie wat opgesit is in die Gamkaskloof, of te wel “Die Hel” op n stadium in 2017 wat dit redelik onbegaanbaar was en n rare geleentheid aan ander amateurs landwyd kon bied om so n ekspedisie stasie te werk. Daar word nog so uitreik ekspedisie beplan vir Maart 2021 om weereens in die afgeleë en baie stil gebied die voorreg te kan he om n radio stasie in die onherbergsame maar verruklike natuurskoon op te stel.
Ander geleenthede was:
ZS50RSA – 50 jaar sedert republiekwording 2011
ZS9HEL – Amateurradio vanuit Die Hel 2017
ZS3SKA – Laaste amateruradio uitsendings vanaf die SKA terrein 2010
ZS150LL- l’Agulhas vuurtoring vier 150ste verjaardag April 1998
ZS1BAK/L Jaarlikse deelname aan vuurtoringnaweek
ZS1SALT Stasie vanaf South African Large Telescope buite Sutherland 2005






Leer en bou tegniese projekte.
Tegniese werkswinkels
Antenna bou, praktiese handvaardighede en tegnieke, baluns en die bou van Elektroniese projekte (kits).





