Grondlus ontvangs antenna / LOG – Loop on the Ground.

DIE OPLOSSING VIR ONS GERAASVLAKKE?

Deur ZS1XB Emil Böhme

Met medewerking van ZS1ML Marius Lubbe

Die grondlus antenna; ook bekend as LOG (Loop On the Ground) is n konsep wat onmoontlik klink maar puik werk.

Na aanleiding van ons hoë geraasvlakke in die onlangse paar jaar het ek begin kyk na apparaat en antennas wat minder geraas opneem.

Verskeie elektroniese apparate het my teleurgestel en ek het begin navorsing doen in verband met antennas.

ZS1ML Marius Lubbe het my kortpad na ‘n YouTube video gestuur waarin Scott, WX0V die antenna bespreek van Matt Roberts KK5JY en ‘n goeie beskrywing gee van sy gebruik van ‘n grondlus Rx ontvang-antenna wat baie minder geraas opneem. https://www.youtube.com/watch?v=wMb8i5QajW0

Soos ons almal weet is dit nie ‘n nuwe konsep nie en die ou bekende Beveridge antenna van Harold Beveridge (1921) is een voorbeeld hiervan.

Die doel is om ‘n spesifieke karakteristieke te verkry ten opsigte van geraasvlak veral tydens kompetisies, DX-Ekspedisies en bloot lokale HF band geraas.

Soos op die foto hieronder sal so ’n antenna plat op die grond installeer word om HF luggolf seine uit verskillende hoeke maar baie laag te ontvang.  Die lus antenna kan blykbaar ook net onder die grond oppervlakte gemonteer word maar ek het dit self nie probeer nie.

Marius het wel so een ongeveer 5cm onder die grond ingesit en vertel; hy is verstom hoe goed dit werk om geraasvlakke te oorbrug. Dis nie as gevolg van swakker seine nie, in teendeel die sein is sterk, maar die geraas is ten-minste so 3 to 4 S punte laer as die normale, op ‘n tipiese dag. Waar jy voorheen net geraas gehoor, kom daar skielik duidelike stemme uit die sein vorendag wanneer jy die LOG inskakel. Dit is werklik merkwaardig.

Foto 1

Beskrywing van die antenna   

Die basiese konsep is ‘n vierkantige lus wat op die grond monteer word. Die omtrek kan varieer. ’n Groter lus sal natuurlik beter werk vir die laer 40m en 80m bande.

Ek het voortgegaan om ‘n 20m lus met elke been van 5m en mooi vierkantig te kies. Sien Foto 1

Fig 2

Die beste ontvangs sal verkry word uit die rigting van die pyle aangedui in Fig 2.

Fig 3.

Die lus kan dan gevoer word soos wat elkeen graag in sy erf of plek sal wil rangskik. Uit Fig. 3 kan gesien word die voerpunt kan selfs in die middel van ‘n been geskied.

Ek het my lus in my motor-aanloop voor die motorhuis geplaas deur ‘n paar skroewe in die groewe tussen die steentjies te plaas soos in Foto 1 te sien.

Marius het syne in mevrou se tuin, reg onder haar neus, geplant en geen haan het daarna gekraai nie…

Fig 3.

Die aanpassings gedeelte

Om die seine op te vang moet mens in die volgende stap ‘n transformator bou wat weer die lus en die voerlyn verbind.

Ek het ‘n 7meter lange RG58 coax gebruik vir die eksperiment. Marius het sommer goedkoop 70-ohm TV antenna draad gebruik, met dieselfde resultate.

Met die bou van die transformator / aanpassing benodig jy ‘n paar komponente soos gelys:

  • Vierkantige plastiek kassie – hoef nie groot te wees
  • SO239 konnektor
  • Twee vlekvrye staal of koper skroewe met wassers en boute.
  • Twee ring konnektor soos op Foto 1.     
  • Een “binocular ferrite” BN-73-2020   Sien Foto 2 en 2a. 

 Foto 2                                                                                                                 Foto 2a

Ek het verskeie aanpassings gebou en selfs twee T50 toroids aanmekaar gesit met Super Glue gom.

Foto 3

Foto 4

Die volgende stap is die bou van die transformer / aanpassings gedeelte.  Eerstens moet die ferrule gevoer word met ‘n verhouding van twee draaie vir die coax kant en 5 draaie vir die lus antenna gedeelte. Sien Fig 1

Fig 1.

                 Een draai op die ferrule.                                                                Twee draaie op die ferrule.

Sien die klaar produk voor installasie Foto 4 hierbo. Die volledige gemonteerde transformer kan gesien word in Foto 5 hieronder.

Toets van die ontvangs antenna:

Die antenna verleen homself baie goed tot ‘n beter, heelwat laer, geraasvlak ontvangs.

Tydens eksperimentering het ek veral die 40m, 30m 20 en 17m bande vergelyk.  Marius rapporteer dat hy met ’n soortgelyke lus antenna veral goeie resultate op die 80m band het.

Wat opvallend was dat ek met my vertikale of selfs EFHW antenna soms nie ‘n gesprek kon volg op HF nie en die sein was baie laag en onhoorbaar. Ek het dus my TX antenna op ‘n antenna skakelaar geplaas met die grondlus antenna as die tweede opsie.

Tot my verbasing het ek baie duideliker seine kon ontvang en uitmaak veral op SSB.

Die geraasvlakke hier in die Paarl hardloop soms van S7 to S9 plus.

Wanneer dan oor-geskakel word na die grondlus antenna sal die geraas tipies val na ‘n vlak S1 tot S3.

Die enigste nadeel met party radios is dat wanneer mens dan ‘n stasie wil roep moet die operateur fisies oorskakel na die TX antenna.

Marius het ’n Kenwood T\’S-590 en die kom met ’n Rx antenna sok agteraan, wat dan die operasie makliker maak, want jy luister op die Rx antenna en as jy die PTT druk skakel hy outomaties die ander verkose antenna in om die sein uit te dra.

Ek het verskeie weke met die antenna gespeel en was verbaas dat die geraas vlak konstant soveel minder was vir die lus antenna op die grond.   

Foto 5

Die verskil in geraas was op video vasgelê en kan by my gehoor word.

Elkeen moet dus op die ou einde gerus oorweeg om self so ‘n goedkoop grondlus antenna bou vir eksperimentering om die verskil eerstehands te ervaar. Dis nou waarde vir geld!

Marius en ek beveel sterk aan dat veral die kompetisie manne, ernstig kyk na hierdie oplossing vir die huidige hoë geraasvlakke.

Ons wens jou baie kontakte en suiwer opvangs toe.

1 thought on “Grondlus ontvangs antenna / LOG – Loop on the Ground.”

  1. Pingback: LOOP ON THE GROUND. – ZS1ML Ham Desk

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Translate »
Scroll to Top