Nadat ek per ongeluk op Callum McCormick M0MCX se YouTube video’s afgekom het, gekyk het en baie goeie aanbevelings gekry het van radio amateurs wêreldwyd het ek in my soeke na ’n vertikale antenna, ernstig begin kyk na die DX Commander multiband antenna.
Die keuse vir n vertikale antenna was gebaseer op die spasie benodig om n multiband antenna te kan oprig, vermoë om antenna te versteek en die uitstraal hoek vir om DX te kan werk.
Links: Tipiese vertikale antenna se uitstraal patroon
Die eerste oorweging was die skokkende pryse van die meer tradisionele vertikale antennas wat beskikbaar is in die mark. Jou keuses is basies iets soos die Cushcraft reeks waar ’n 10 tot 80Meter vertikale antenna soos die R9 jou US$700 (R11 600.00) sal beloop voor verskeping en aflewering wat ook nie goedkoop is nie. Die Butternuts wat tradisioneel ’n goeie alternatief is, is ook geweldig duur. Na maande se soek en navorsing het ek besef dat om ’n volledige en effektiewe multiband antenna te koop teen £195.00 (R4150.00) voor aflewering is ’n baie meer redelike besluit vir my sak.
Dis nou weliswaar nie ’n tradisionele aluminium antenna nie, maar is baie minder opsigtelik as die ander opsies. Wat my bring by my ander oorweging, wat was om te kyk vir iets wat my XYL sal tevrede stel en nie in die oog gaan wees vir die bure nie.
Wanneer jy begin kyk na die voordele van die DX Commander is daar baie wat in sy guns tel. Eerstens is dit liggewig, maar stewig. Ek het in hewige windstorms nog geen probleme gehad nie, want hy buig eenvoudig saam met die wind en wip net weer terug na sy oorspronklike posisie. Maar kom ek verduidelik eers wat die DX Commander is sodat jy sal verstaan wat ek bedoel.
Die DX Commander is ’n “Kit” wat self aanmekaargesit moet word, soos met al die ander antennas wat mens koop. Die “Kit” moet niemand wel afskrik nie, dit is net so maklik soos ander antennas om aanmekaar te sit.
Die DX Commander is ‘n 7 band (10 tot 40Meter) vertikale antenna. Jy kan ‘n opsionele 80-Meter passtuk en draad bestel wat in ‘n omgekeerde L formasie opgesit word. Dit werk baie goed. Daar is geen verkortings of spoele vir enige band nie, so daar is n minimum van 300 Khz bruikbare bandwydte per band beskikbaar.
Die basis van die antenna is ’n 9.5 m teleskopiese veselglas paal. Jy sit aan die bodem van die paal ’n grondplaat (radial plate) waaraan jy die sogenaamde “radials” aansit wat verkieslik 360 grade om die paal gelê moet word vir beste resultate. Jy sny ongeveer 36 drade van so 3.5 m elk om die “radials” op te maak (n goeie duim reël is dat die totale lengte van die “radials” 2 x golf lengte van verkose band moet wees, by 4 x die golf lengte, is daar nie meer noemenswaardige voordeel nie).
Die kit kom met genoeg draad vir die “radials” en die elemente vir die antenna. Dit kom ook met alle skroefies en alles wat jy nodig het om die hele ding aanmekaar te sit. Die draad is geskik vir elemente wat op tot 1500-Watt RF krag kan uitsit.
Die pakkie kom met die volgende items: (verskoon die Engelse terme)
1. DX Commander 9.5 m Paal
2. Ground Plate 3 mm aluminium
3. Radiating Plate 3 mm aluminium
4. Guy Plate – 8 mm UHMWPE plastic.
5. Mid-Spreader UHMWPE
6. Upper Spreader Plate – 5 mm UHMWPE
7. Upper Double-Eye – 5 mm UHMWPE
8. SO239 Assembly with flying lead
9. Appropriate number stainless bolts
10. Appropriate number stainless wing Nuts
11. Plenty of Fork Connectors (earth)
12. Plenty of Fork Connectors (elements)
13. Hose Clamps (XL, L, M & S)
14. Circa 90 cm 10 mm ID tubing
15. Small Section of 6 mm & 12 mm tubing
16. Length 4 mm elastic shock cord
17. Paracord for guys & element extensions
18. 12 Plastic Carabiners that snap together
19. 15 cm of glue lined shrink-wrap
20. 100 m DX10 Mil-Spec wire (Jy kan vra vir ekstra 50 m draad indien jy die 80m ook wil opsit.)
Soos reeds gesê, is die “radials” almal 3.5 meter lank, maar ek het Noord, Suid, Wes en Oos nog een 5m lengte elk bygesit om te help met die 80m element.
Die verskillende bande se elemente lyk soos volg:
- 10m – 2.45m + 5 cm terugvou
- 12m – 2.78 m + 6 cm terugvou
- 17m – 3.83 m + 6 cm terugvou
- 20m – 4.82 m + 20 cm (langer omslag vergoed vir effens verkorte element)
(OPSIONEEL: 20 m – 4.88 m + 6 cm – as dit pas, hang af van die weergawe van die paal)
- 30m – 6.74 m + 6 cm
- 40m – 11.15vm (terugvou-afwaarts op die paal wat jou ook fisiese 5/8 vir 15m gee) Sien die verduideliking later hieroor.
- 80m (OPSIONEEL) en vervang 30m-element) 19,5 m draad (gaan tot waar jou 30 m sou gewees het (ongeveer 6,7 m hoog) en gooi dan die oorblywende element oor die naaste boom of deur \’n venster, met behulp van paracord verlenging.
GEBRUIK VAN 40m ELEMENT OP 15m BAND
Volgens die boeke is dipole en vertikale resonant op elke ewe (tweede) harmonie. Dit beteken dat ons element daarom van 7.11 MHz ook op 21.3 MHz moet resoneer. As dit so eenvoudig was, sou ons nie eers verder hieroor te praat nie.
In die praktyk is die derde harmonie egter baie hoër en ons weet regtig nie hoekom nie. Selfs die sagteware-modellering plaas die resonante derde harmoniese frekwensie vir \’n gestemde 7.1 MHz vertikale op 21.6 MHz. Dis te hoog.
Die maklike uitweg uit hierdie dilemma is net om \’n langer element vir die 40m-band te maak. ’n Langer element deur nog 10 cm by te voeg, sou die hele band van 40 m steeds goed instel en \’n perfekte stemming op 21,25 MHz kry. En dit is wat ek vroeër gedoen het. Dit het my egter ge-irriteer dat die draad egter effens langer was as die paal self en dat die bokant van die element in die lug rondwaai. Natuurlik, het dit nie goed gelyk nie.
Heel toevallig moes Callum toe \’n nuwe stel elemente sny as deel van die opstel van \’n opgedateerde gebruikershandleiding om baie akkurate element lengtes te bereik en om te bepaal watter impak (indien enige) die hoeveelheid terugvou op die stemming gehad het.
Sny \’n ewekansige (random) element lengte, effens te lank vir 40 m (eintlik 11,06 m) en vou die ekstra hoeveelheid draad vir hierdie lang element terug in die boonste deel van die DX Commander-paal, so ver agter aan die onderkant van die laaste een. Hy was oortuig dat dit te lank sou wees.
Dit blyk dat egter dat hy \’n perfekte stemming vir 40 m behaal het, maar hierdie \’top load\’ het beteken dat hy ook \’n perfekte pasmaat vir 15 m-band gevind het. Eintlik beland die stemming op minder as 21,1 MHz. Jy kan die omklap korter sny en die 15 m opskuif as jy wil. Dit begin nou soos \’n 5 / 8ste golf optree.
Beide 40 m en 15 m baat by hierdie lang omklap maar tot \’n ander effek. 40m sien hierdie omklap waarskynlik skaars, want ek kan die omklap deel korter sny en byna niks sal met die stemming gebeur nie.
Op 15 m lyk hierdie omklap of vou na \’n gelukkige ongeluk. Hoewel die bandwydte van 2:1 steeds meer as 400 Khz is, bied dit die ywerige operateur die vermoë om die element in te stel op die gedeelte van die band wat jy die laagste SWR (CW, Digital of SSB) het. Die verkorting van hierdie opknapping het byna geen effek op die band stemming van 40 m.
Die bykomende voordeel is dat die fisiese lengte van hierdie 15m-element naby die 5/8ste golf word.
Mens kan ook met ’n klein verstelling, deur die 30-meter element uit te ruil, ’n 80-meter omgekeerde L opsit wat puik werk.
Om net op te som, is die DX Commander ’n baie goeie oplossing vir iemand wat maklik, en relatief goedkoop ’n baie bruikbare antenna wil opsit wat ook baie maklik gebruik kan word as mens hom gou wil opslaan en by ’n klub geleentheid of in die veld wil gebruik.
Ek getuig van uitstekende diens en puik verrigting van die antenna. Ek het per ongeluk een dag met domheid en geweld, die boonste deel van die paal gebreek en Callum het dit gratis aan my vervang met ’n splinternuwe paal. Dis nou wat ek diens noem.
Gaan loer op https://www.m0mcx.co.uk/ en lag lekker vir al Callum se manewales op sy video’s by: https://www.youtube.com/user/m0mcx
Groete en 73 van Marius Lubbe ZS1ML
Tegniese redaksie deur Jan Van der Vyver ZS1VDV