|
Pakket in die Wes-Kaap DEUR JOHAN, ZS1RX Boland Amateurradio klub (BARK) het twee pakket BBSse in die Wes-Kaap. Die BBS (Buletin Board System) met die meeste gebruikers is ZS0STB wat in Rosendal naby Tygervalei geleë is. Dan is daar ZS0BEL te Bellville wat ons klub se aanstuur BBS is. ZS0BEL het ook ‘n internet skakel. As u ‘n gebruiker van ZS0STB is en u skryf ‘n boodskap, gaan dit vanaf u rekenaar na ZS0STB. ZS0STB se rekenaar kyk na die adres van u boodskap en besluit of die boodskap op die BBS moet bly en of dit aangestuur moet word na ZS0BEL. As die pos nie vir ZS0BEL se gebruikers is nie word die pos verder aangestuur. Al die roetes is vooraf in die rekenaar ingeprogrameer.
|
