DATUM: 5/6 Desember 2008
BANDE: 80m (3,670); 40m (7.094) en 2m (145.650 en 145.700 herhalers)
TYD: Vrydag, 5 Desember 2008 18:00 tot 20:00
Saterdag, 6 Desember 2008 07:00 tot 09:00
REËLS:
Alle Boland Amateur Radio Klublede mag deelneem.
Daar is geen inskrywingsgeld nie.
Daar sal streng by bogenoemde tye en frekwensies gehou word.
Die tydperk word as volg ingedeel”
Ø Vrydag (18:00 tot 20:00) 4 tydperke van 0.5 uur elk.
Ø Saterdag (07:00 tot 09:00) 4 tydperke van 0.5 uur elk
Tydens hierdie totale 8 tydperke sal daar by een radiostasie in die Paarl area ‘n radiobediener op elkeen van bogenoemde frekwensies beskikbaar wees.
Elkeen van hierdie radiobedieners sal die roepsein ZS1BAK EN ‘N AGTERVOEGSEL gebruik.
AGTERVOEGSEL / LEIDRAAD
Die AGTERVOEGSEL/LEIDRAAD– ‘n woord – verander streng elke halfuur op al 4 frekwensies.
Vorige tydperke se AGTERVOEGSEL/LEIDRADE sal nie herhaal word nie.
Aan die einde van die kompetisie het elke deelnemer dus 8 woorde/kriptiese leidrade wat hom/haar lei tot ‘n bekende landmerk in Suid Afrika.
Wanneer die landmerk geïdentifiseer is, SMS jou ROEPSEIN en die LANDMERK na die volgende selnommer:
083 629 6316
Of skakel bogenoemde selnommer TUSSEN 09:00 en 10:00 en gee duidelik en stadig jou ROEPSEIN en LANDMERK byvoorbeeld: “Hierdie is ZS1ABC – Voortrekkermonument”
WIE WEN
Die eerste prys gaan aan die BARK-lid wie die naaste aan die ideaal (ingerapporteer tydens elk van die 8 tydperke op 40m, 80m, en EEN van die 2m frekwensies) en die korrekte landmerk telefonies of per SMS ingestuur het. Indien meer lede hierdie ideaal bereik sal ‘n trekking plaasvind.
Stuur nogtans jou antwoord in al laat toestande op ‘n sekere band jou nie toe om in te rapporteer nie. Die toestande kon alle deelnemers beïnvloed het.
Daar sal ook meer as een prys wees - ONTHOU OM TE KWALIFISEER MOET DIE LANDMERK WAT DEUR JOU geïdentifiseer IS VOOR 10:00 OP SATERDAG, 6 DESEMBER 2008 AAN SELNOMMER 083 629 6316 PER SMS OF TELEFONIES DEURGEGEE WORD.