BARK Vergadering 08 Desember 2018

VOLGENDE BARK VERGADERING:
Die volgende BARK lede-vergadering is belê vir Saterdag 8 Desember. Dit sal by die Wellington Voortrekkers wees. Maak sommer nou ʼn aantekening in u dagboek of op u selfoon.

Die ledevergadering sal ook vooraf gegaan word deur ʼn Spesiale Algemene Vergadering soos bespreek by die laaste ledevergadering. Daar is ʼn paar voorstelle op die tafel om die grondwet van BARK op te dateer en hierdie mosies sal dan by die SAV ter tafel gelê word vir bespreking en stemming.
Hierdie vergadering is beslis nie ʼn geleentheid om mis te loop nie. Na afloop van die vergadering sal die braaivleisvure aangesteek word. Dit is ook die ideale geleentheid om ʼn bietjie toerusting te kom verkoop of te ruil. Die vergadering sal om 11h00 begin.